This blog is to share my poems with you. Don't expect too much, its just what's on my mind. Sometimes in life you find yourself in a situation that takes over your life, and nothing makes sense. You feel empty, scared and broken, so you grab a piece of paper and find comfort in writing down whats in your heart- To grasp oneself is the art of not being shocked by unpredicted actions or predetermined thought. 'n Neiging in my siel, om my hart op sienbare wyse op papier vas te vang. Diepte, malheid, verspot, verlore, so deurmekaar, maar dalk verstaan jy my beter hierna...

Monday, July 14, 2008

Baby


Baby die son is al lank al onder
en ek sit hier en wonder
hoe net jy dit regkry
reg kry
my kry
om so baie te lag
en elke dag net die beste
vir ons twee te verwag
ek is gelukkig by jou
vir nou
vir altyd hoop ek
om aan jou vas te hou
en aan jou hart en siel vas te klou

Thursday, March 27, 2008

In...

As dit laat raak
en mense verdaag
en die stemme verdwyn
en net my gedagtes nog staan
kom klim jy in my kop in
en stoot in plekke in
waar niemand net mag gaan
Dis 'n ortodokse gevoel
'n buitengewone wil
vir iets in jou manier van doen
jou kyk
jou beweeg
jou spraak tas my aan
en dryf dinge in my
na vasskop
myself stop
as dit in my ontpop
en frustrasie my vasbind
in my eie koekon in
waar ek nog groei
in myself in
en jys naby maar vêr
Ek sien jou beter as wat jy besef
en lees jou soos 'n ongekompliseerde storieboek
want as dit stil en laat raak
en als vergaan
bly jy in my brein oor
en dink ek oor nou
Ek probeer nou verstaan
ek probeer gevoelens weg stoot
maar jy klou aan my
stywer aan my
soms te veel vir my
maar daar vir my
dit raak stil en mense verdaag
en dan bly jy oor
hier oor
in my in

Monday, February 11, 2008

HaPPy TiMes!!




SOMMER NET NOU


Dis 'n plek
dis 'n gevoel
dis 'n persoon
nee, dis jy
'n ruimte om my
van vreugde
vir die eerste keer
wat voel soos in my lewe
Dis weird
dis anders
jy's anders
maar dis gemaklik
dis rustig
en ek lag
dis 'n kalm lag
dis 'n oopmond lag
dis crazy deurmekaar
maar dude, dis jy
want eks happy
want eks rutig
want dude, jou loser, dis jy

WAT WAG EN KOM

Ons weet nie wat wag
ons ken nie die lewens taal
ons sal nie verstaan
wat kom
ons sien nie wat loer
ons voel nie die volgende dag
wat ons sal nie verstaan
wat nog kom
maar dan is daar jy
'n leemte gedagte
en jy maak die dae
net meer en meer duister
'n Sin sloer rond
hoop vir 'n toekoms
verbrokkel, vertrap
trap ... trap op
wat wag en kom
Want dit maak bang
'n vrees binne in my
want ek weet nie
wat wag en kom

'n RANDOM GEDAGTE

Dis die weirdste ding
ons is die funnyste gedagte
jys my buddy
maar jy kyk anders vir my
in my brein gaan dit mal
'n gedagte word 'n wens
wense eens vergete
nou weer oopgespoel
en dit word ernstig
maar nie vir lank
want dis moeilik om 'n smile
van my mond af te hou
en jou oë kyk so diep
myne vang jou imagination
gee ons 'n gevoel van what if
jy sê "yeah baby yeah"
en ons rym al ons woorde
en sing 'n song
in geheim gerig op jou
dis ek en jy
sommer net nou
'n droom van verlede
nou hier vir een of ander rede

Wednesday, December 12, 2007

Silly poem about me...

My refleksie in ‘n spiëel



Glimlag

nog ‘n dag

nog ‘n kans om jouself te wees

wees jy

wees ekke

aanvaar my refleksie in ‘n spiëel

nes ek is

hoe ek is

wie ek is

eks happy met ekke

byt vas

nog ‘n las

nog ‘n ding om my lewe se gewig swaar te maak

gee dit weg

na die Een daar bo

wees jy

wees ekke

my refleksie in ‘n spiëel is ekke

en dis ok jys ok

so glimlag

want dis nog ‘n dag

om jouself te wees

wees jy

wees ekke

aanvaar my refleksie in 'n spiëel...

Sunday, December 9, 2007

a poem inspired by the movie "10 things i hate about you"

i hate the way you talk to me now
and the way you rush past without a kiss
i hate the way you laugh and look so happy
and fact that you never call
i hate your way of looking at me
and how you see right through me
i hate how you can me make laugh
and even more that you make me cry
i hate all this so much it makes me sick
it even makes me pretend
i hate that you know me so well
better than i know myself
i hate the fact that you feel cold
and how i cant keep you warm
i hate that you're such a part of me
even more that a part of me is gone
i hate the fact that you are strong
and how i dunno how to be
i hate the things i know i cant forget
and the hopes i cannot loose
i hate the fact that i don't want to know what you're thinking
and that my closest friend became my sadness
i hate that no one compares to you
not the hottest guy can match up
i hate that i think you're so beautiful
and that i image you in my sleep
i hate that i'm sure
i hate that you're not
i hate that i'm lonely
i hate that you're not
i hate the fact that i can hate so many things
and how i dunno what to expect
i hate that i cant be myself with you now
and that i'm scared to hear your voice
i hate how i trusted
i hate how it was the same
i hate that i feel like i'm no good
but most of all i hate the way i cant hate you
not even close
not even a little bit
not even at all...

Friday, December 7, 2007

a few poems... life at the moment 07/12

Hi there, my name is Tehila, this blog is to share my poems with you. Some are messed up, some are beautiful, don't expect much...


Hoe ek jou sien


Soveel keer het my mond met my weggehol
en spyt my deur die gesig kom slaan
as ek jou wys maak van dinge
wat jou seer maak
en net aan myself dink
en nie verder as nou dink
en 'n golf effek die lang duur bepaal
Hoe ek jou sien
kan geen regte woorde beskryf
ek is so dankbaar vir jou
Ek wens die gedig klink beter
ek wens dit voel beter
jy verdien soveel beter
Hoe ek jou sien
ek wens jy kon jouself deur my oë sien
Soveel keer het my aksies
my ondergang bepaal
as ek stil word
bang word
myself wil verslaan
as ek jou wys maak van dinge
wat jou seer maak
Hoe ek jou sien
asseblief weet dat ek vreugde in jou sien
en wens dat dit ek was
wat jou gelukkig hou
so onnodig, dit alles
wens dit was so eenvoudig
net soos wat ek en
hoe ek jou sien.

Maak seer

Dit maak seer
my vier mure
my plekkie
my sekuriteit
dit wat gemaklik gevoel het
kom sit soos 'n ou hemp aan my
kom sit hier te styf
kom pas nou te los
en dit maak seer
Dit kom trek aan plekke
dit krap ou wonde oop
en los letsels op ou geneesde plekke
Dit maak seer
my sienings verander
my hoop
my reinheid
als in een besluit
'n finale uitspraak
oor ons
Nooit gedink
nooit met my en jou
nooit verwag
of goed voorberei
vir die verwydering van my plekkie
my vier mure
en my sekuriteit
dit wat my onophoudbaar laat lag het
wat vir vreugde 'n deur oopgestoot het
Dit maak seer
'n herinnering van jou
net jy, wie en wat jy is
maar 'n herinnering
wat ek blatand wil very
want

Dit maak seer.

A million tear drops


a million tear drops
I'll cry a million tear drops for you everyday
i don't care if you don't feel the same
or if you're happy and satisfied
a million tear drops
I'll cry a million tear drops just thinking of your smile
i don't care if you feel sorry for my obsession
or the fact that I'm so in love
I'll still cry
a million tear drops
an ocean full of tear drops
drops and drops of tear drops
I'll cry
a million tear drops
I'll cry a million tear drops thinking about us
happy ones when picturing BEING with you
sad ones realising I'm losing you
i don't care
a million tear drops
I'll cry a million tear drops
knowing something in my heart
but living the complete opposite
but i don't care
cos i wanna cry
a million tear drops

Naamloos

Ek kan nie behoorlik skryf nie
ek is opgestop met emosie
gevoelens
vrees
afwagting
op iets wat soos 'n laken
stadig voor my oë weggesleep word
weggetrek
weg van jou
weggeneem
en ook weggegooi
Dis verby
dis nou klaar
so vinnig
so finaal
Ek kan nie behoorlik skryf nie
ek het hoop
maar is dit geldig?
is dit nie net my eie false hope nie?
Dan maak niks oor ons meer sin nie
Dan word dit stadig
nie als waarin ek geglo het nie
weggegooi
weg van jou
dis nou so
dis nou klaar...

Is jy?

Is jy gelukkig?
Sê my
Is jy?
Lag jy so oop mond?
doen jy?
sê my?
gelukkig, is jy?
Sprakil jou oë?
Glimlag jy?
sê my, eerlik
Gelukkig, is jy?
Daai manier hoe jy smile
so opreg en so twitch
doen jy?
doen jy nou?
gelukkig?
sê my, is jy?
gelukkiger nou, sonder ek
sê my, is jy?

want ek is nie...

Uit

Uit, uit my lewe uit
so finaal
so vinnig
dis verby
net jy
ag nee, dit was ek en jy
En dit reën
laat my dink aan my siel vas aan joune
aan jou gedagtes binne myne
maar jys uit
uit my lewe uit
so gou
so skielik
dis verby
net jy
ag nee, dit was dan ek en jy
en ek huil in my hart
ek skree in my hart
ek word stil in die donker
en vertroos my gebroke hart
want
uit, uit my lewe uit

vir nou...

Illusie van als

Dis alweer so
dis elke keer so
my hart in jou hande beklemtoon my swakheid
dis ek
ekke, wie ek is
die mens wat ek help skep het
Daar is vout met jou (ek praat met myself hier)
jou manier van 'n ander helfte wees
daar is vout met hoe jy jou gedagtes rond stuur
Ag nee, asseblief
ontwrug my nagmerrie waar donkerte my oorval
nie met jou nie
ja, met JOU het my realiteite my tot trane gedryf
Gebid, gewag en 'n wonder ontvang
maar 'n sprokie van 'n dogtertjie
gelukkig en tevrede
bly net 'n sprokie, 'n leuen
Ek het geglo ekt als by jou gevind
maar hoë verwagtings en hardkoppigheid
dryf my nou na...

Trane

Trane, soveel dik aangemaakte trane
liefde wat ek vervloek
en in donkerte probeer vermy
as jy langs my lê
en jou asemhaling swaar op my gemoed kom rus
en elke passievolle neiging
om jou vas te hou
in jou gesig vas te kyk
weggedryf word in my kop
ek is fine
ek is altyd fine
maar hoekm is jy gelukkig?
hoekom lyk jy so happy sonder my?
ek wil die fluit geluide versmoor
en jou lag in stukke verbrokkel
ek wil hê jou trane moet dik word soos myne
ek is so selfsigtig...
Trane, soveel dik aangemaakte trane
ek sou 'n miljoen goed anders doen
Jou lyf naby myne skree na mekaar
die passie in jou asemhaling maak
dat ek in ou trane wil verdrink...