This blog is to share my poems with you. Don't expect too much, its just what's on my mind. Sometimes in life you find yourself in a situation that takes over your life, and nothing makes sense. You feel empty, scared and broken, so you grab a piece of paper and find comfort in writing down whats in your heart- To grasp oneself is the art of not being shocked by unpredicted actions or predetermined thought. 'n Neiging in my siel, om my hart op sienbare wyse op papier vas te vang. Diepte, malheid, verspot, verlore, so deurmekaar, maar dalk verstaan jy my beter hierna...

Monday, July 14, 2008

Baby


Baby die son is al lank al onder
en ek sit hier en wonder
hoe net jy dit regkry
reg kry
my kry
om so baie te lag
en elke dag net die beste
vir ons twee te verwag
ek is gelukkig by jou
vir nou
vir altyd hoop ek
om aan jou vas te hou
en aan jou hart en siel vas te klou

Thursday, March 27, 2008

In...

As dit laat raak
en mense verdaag
en die stemme verdwyn
en net my gedagtes nog staan
kom klim jy in my kop in
en stoot in plekke in
waar niemand net mag gaan
Dis 'n ortodokse gevoel
'n buitengewone wil
vir iets in jou manier van doen
jou kyk
jou beweeg
jou spraak tas my aan
en dryf dinge in my
na vasskop
myself stop
as dit in my ontpop
en frustrasie my vasbind
in my eie koekon in
waar ek nog groei
in myself in
en jys naby maar vêr
Ek sien jou beter as wat jy besef
en lees jou soos 'n ongekompliseerde storieboek
want as dit stil en laat raak
en als vergaan
bly jy in my brein oor
en dink ek oor nou
Ek probeer nou verstaan
ek probeer gevoelens weg stoot
maar jy klou aan my
stywer aan my
soms te veel vir my
maar daar vir my
dit raak stil en mense verdaag
en dan bly jy oor
hier oor
in my in

Monday, February 11, 2008

HaPPy TiMes!!




SOMMER NET NOU


Dis 'n plek
dis 'n gevoel
dis 'n persoon
nee, dis jy
'n ruimte om my
van vreugde
vir die eerste keer
wat voel soos in my lewe
Dis weird
dis anders
jy's anders
maar dis gemaklik
dis rustig
en ek lag
dis 'n kalm lag
dis 'n oopmond lag
dis crazy deurmekaar
maar dude, dis jy
want eks happy
want eks rutig
want dude, jou loser, dis jy

WAT WAG EN KOM

Ons weet nie wat wag
ons ken nie die lewens taal
ons sal nie verstaan
wat kom
ons sien nie wat loer
ons voel nie die volgende dag
wat ons sal nie verstaan
wat nog kom
maar dan is daar jy
'n leemte gedagte
en jy maak die dae
net meer en meer duister
'n Sin sloer rond
hoop vir 'n toekoms
verbrokkel, vertrap
trap ... trap op
wat wag en kom
Want dit maak bang
'n vrees binne in my
want ek weet nie
wat wag en kom

'n RANDOM GEDAGTE

Dis die weirdste ding
ons is die funnyste gedagte
jys my buddy
maar jy kyk anders vir my
in my brein gaan dit mal
'n gedagte word 'n wens
wense eens vergete
nou weer oopgespoel
en dit word ernstig
maar nie vir lank
want dis moeilik om 'n smile
van my mond af te hou
en jou oë kyk so diep
myne vang jou imagination
gee ons 'n gevoel van what if
jy sê "yeah baby yeah"
en ons rym al ons woorde
en sing 'n song
in geheim gerig op jou
dis ek en jy
sommer net nou
'n droom van verlede
nou hier vir een of ander rede